Die dag krimp. Die klok lui stroophelder.
Die ouspens is boordens vol bottels.
Vonkend ver val die laaste blare
in goue stiltes, kry vergete
boeppense wyn baard in die kelder.
Die knus kombuis is skepvol skottels
heuning, room en deeg. Voëls in pare
verlaat hul neste onder geute.
Die bloed raak dun in die are,
in die mik verdor die bruin vy.
Reeds voelbaar winter se venyn,
die yl musiek van die snare.
Nou raak ook woorde skaars. Verby
met liefde, kort seisoen van pyn.
Johann de Lange (Geb.1959)
Sunday, April 25, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment